Ons Gaan Kamp

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Ons
Gaan die naweek kamp
Maar eers
Moet ons als in pak
Ons
Kry ons goedjies gereed
Moet als onthou liefs niks vergeet

Ons tent en stoele en 'n mattras
'n Stoof en lamp wat werk met gas
Ons kos en 'n water en bottel daarby
Ons klere en swemgoed moet als saam ry

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Langs
Die rivier gaan ons staan
Ons sit die pale gou-gou in
Dan
Kan ons beddegoed bring
En nou gaan al die pret begin

Ons swem en lê daar in die son
Vang vis en ry met fietse rond
Teen skemer brand 'n lekker vuur
Braai vleis, gesels dis lekker hier

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Dis lekker om te kamp

Wissenswertes über das Lied Ons Gaan Kamp von Carike Keuzenkamp

Wann wurde das Lied “Ons Gaan Kamp” von Carike Keuzenkamp veröffentlicht?
Das Lied Ons Gaan Kamp wurde im Jahr 2010, auf dem Album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 7” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)