Ploegtyd
Hoor die trekker op oom Piet se plaas, dis ploeg tyd as hy raas
Hulle ploeg die lande nou om en om, o as die reën net kom
Takke rakke, takke rakke, takke rakke tak 'n tak, hul werkskaf daar dit klap-klap

Kyk die boer se land vore kant tot kant, op die mielie land
Elke trekker raas vir sy eie baas, boere ploeg nou land
Kyk hoe lag oom Piet as hy pyp wil stop, die mielie prys is op
Nou kan hy 'n mooi stukkie grond by koop, net wat hy lankal hoop
Tannie Hanna hou maar die trekker dop, rooi lap hoed op haar kop
En as oompie net bietjie nader kom gee sy die koffie vir hom
Takke rakke, takke rakke, takke rakke tak 'n tak, hul werkskaf daar dit klap-klap
Takke rakke, takke rakke, takke rakke tak 'n tak, hul werkskaf daar dit klap-klap
Kyk die boer se land, vore kant tot kant, op die mielie land
Elke trekker raas vir sy eie baas, boere ploeg nou land
Takke rakke, takke rakke, takke rakke tak 'n tak, hul werkskaf daar dit klap-klap
Takke rakke, takke rakke, takke rakke tak 'n tak, hul werkskaf daar dit klap-klap
Kyk die boer se land vore kant tot kant, op die mielie land
Elke trekker raas vir sy eie baas, boere ploeg nou land
Takke rakke, takke rakke, takke rakke tak 'n tak