Rikkie Tiekie Trein
Ons hou van 'n lang skool vakansie
As ons weer die tjoeke tjoek moet haal
Met die rikkie tiekie tiekie trein ry ons oral
Van Kaapstad tot in ou Transvaal
Ons ry deur die dorpe en stede
Terwyl ons van plek tot plek gaan
In die rikkie tiekie tiekie trein is ons vrolik
En onthou elke plekkie se naam
(Dan sien ons die Boland se berge)
(En die bye en vaal ou Karoo)
(Met die riekie tiekie tiekie trein deur die Vrystaat)
(Dis heerlik dit kan julle glo)
(Daar's Worcester en Laingsberg en Beaufort) (Beaufort-Wes)
(En lank moes ons wag op De Aar)
(Maar Put Sonder Water was papnat)
(Met die riekie tiekie tiekie trein kom ons daar)
Natal is 'n grasgroene wêreld
Met sy berge en helder blou lug
Met sy bosse en suikerplantasies
En die hoofstad is Pieter (Hendrik, Johannes, Jacobus, Stefanus, Maritzburg)
Ons leer al die plekke se name
Op ons reis met die riekie tiekie trein
Daar's Pretoria en Welkom en Durban
Gauteng het voorstedelike treine
En die stasies is naby mekaar
Daar's Benoni en Brakpan en Boksburg
(En vanaand hou die katte basaar)
Ons ken nou die plekke se name
Nou kry elkeen 'n beurt om te sê
(Daar's Buntu en Ceres en Vrede)
(Ek velang na my Sarie Maree)
(En op elke liewe kleine stasie maak ek oral)
(Want ek wil nog 'n roomys hê)
Ons hou van 'n lang skool vakansie
As ons weer die tjoeke tjoek moet haal
Met die rikkie tiekie tiekie trein ry ons oral
Van Kaapstad tot in ou Transvaal
Ons ry deur die dorpe en stede
Terwyl ons van plek tot plek gaan
In die rikkie tiekie tiekie trein is ons vrolik
En onthou elke plekkie se naam