Shakadoem
Eendag sê pa muis vir sy liewe kleine vrou
Ek dink dit is hoog tyd dat ons dogtertjie nou trou
Terwyl ons sit en dink sê die dogtertjie bedees
Die een wat ek wil hê moet die heel sterkste wees
Die een wat ek wil hê moet die heel sterkste wees
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Wie is die sterkste man vir my
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Dis hy wat vir my gaan kry
Dadelik kyk hul op, asseblief meneer die son
Jy's die grootste sterkste een, wees jy tog die bruidegom
Maar hy wys na wolk en hy skud sy kop
Want as wolk voor hom skuif is hy in die sop
As wolk voor hom skuif is hy in die sop
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Wie is die sterkste man vir my
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Dis hy wat vir my gaan kry
Wolk voel ge-eer maar hy's swakker as die wind
En nou probeer hul wind in die huwelik verbind
Maar die wind sê nee want hy word telkens gekeer
As 'n huis voor hom verskyn kan hy glad nie daar deur
As 'n huis voor hom verskyn kan hy glad nie daar deur
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Wie is die sterkste man vir my
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Dis hy wat vir my gaan kry
En hul sê vir huis neem ons dogter as jou vrou
En hy sê hy sou graag wou, maar hy kan nie met haar trou
En hul kyk toe af en hul sien 'n dapper muis
Waar hy knibbel aan 'n gat dwarsdeur die sterke huis
Waar hy knibbel aan 'n gat dwarsdeur die sterke huis
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Muis is die sterkste een vir my
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Dis hy wat vir my gaan kry
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Muis is die sterkste een vir my
Shakadoem, shakadoem, shakadoem da dei
Dis hy wat vir my gaan kry
Dis hy wat vir my gaan kry
Dis hy wat vir my gaan kry
Dis hy wat vir my gaan kry