Smarties En Jellytots

As ek verjaar is dit tyd vir partytjie hou ek nooi al my maats vir die dag
Daar's balle, ballonne, 'n nar en 'n springkasteel
Ons verf gesigte en lag

Daar op die tafel is alles wat lekker proƫ
Rooi koeldrank, skyfies en koek
Springmielies, suigstokkies en sjokolade
Kolwyntjies, als suiker soet

Smarties en Jelly Tots, elkeen 'n ander kleur
Bont vrolik deurmekaar al die kleure bymekaar
Smarties en Jelly Tots, dit bly my gunsteling
Soet, taai en lekker kou, dis mos waarvan ek hou

Die nar blaas 'n fluitjie, doen toertjies en maak 'n grap
Almal skree hip-hip hoera
Ons draai in die rondte, baljaar in die water
Dit is 'n groot fees, o ja

Ma bring die koek en sy steek al die kersies aan
Almal staan nader en sing
Nou is dit tyd dat ek al die rooi kersies blaas, een, twee, drie, vier, vyf, ses

Smarties en Jelly Tots, elkeen 'n ander kleur
Bont vrolik deurmekaar al die kleure bymekaar
Smarties en Jelly Tots, dit bly my gunsteling
Soet, taai en lekker kou, dis mos waarvan ek hou

Smarties en Jelly Tots elkeen 'n ander kleur
Bont vrolik deurmekaar al die kleure bymekaar
Smarties en Jelly Tots, dit bly my gunsteling
Soet, taai en lekker kou, dis mos waarvan ek hou

Smarties en Jelly Tots, Smarties en Jelly Tots, Smarties en Jelly Tots
Rooi, geel, blou, groen, Jelly Tots

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)