Walker Se Baai
Soos 'n veer in die wind
Voer die see jou daar vêr
Waar die blou water breek
Soos die hart van 'n kind
Soveel aande aaneen
Soveel ure alleen
Vaar jy verder van my
In die kolk van die see
As die suidoos wind waai
Hier in Walker se baai
Seeman waar is jou huis?
Voel jy ooit werklik tuis?
Hoeveel see myle diep
Lê jou hart van die kaai
Waar 'n meisie nog wag
Hier in Walker se baai
Maak verlange jou moeg?
Dalk sal heimwee jou draai
Bring die klots teen jou boeg
Jou na Walker se baai
Al die maande se tel
Al die dae so leeg
Miskien was dit wel
Tog nie alles vergeefs
As die suidoos wind waai
Hier in Walker se baai
Seeman waar is jou huis?
Voel jy ooit werklik tuis?
Hoeveel see myle diep
Lê jou hart van die kaai
Waar 'n meisie nog wag
Hier in Walker se baai
As die suidoos wind waai
Hier in Walker se baai
Seeman waar is jou huis?
Voel jy ooit werklik tuis?