Weet U Heer

Weet U Heer, daar is een ding wat ek nie kan verstaan
Die wonder daarvan dat ek met U in 'n verhouding kan staan
Dit bly vir my
'n Grootte raaisel Heer
Dat U vir my 'n kleine mens U weë wil leer

U bind my met koorde sterk
U laat U Heilige Gees in my werk
U vorm my Heer, 'n mens tot U eer

Weet U Heer, tye wanneer ek nie verder kan gaan
Kom staan U by my, maak dit rustig en vry, sit U arms om my
U spreek woorde van hoop, sê U sal my nooit nie verlaat
As die winde sterk waai, as die storms oplaai gee U kalmte en troos

U bind my met koorde sterk
U laat U Heilige Gees in my werk
U vorm my Heer, 'n mens tot U eer

Die werk wat Ek in jou begin het
Sal Ek voltooi tot op die dag
Die werk wat Ek in jou begin het
Sal Ek voltooi tot op die dag

Ek bind jou met koorde sterk
Ek laat My Heilige Gees in jou werk
Ek vorm jou
'n Mens tot My eer

Weet U Heer, daar is een ding wat ek nie kan verstaan
Die wonder daarvan dat ek met U in 'n verhouding kan staan

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)