Vasgevang

Vasgevang in my hart vir altyd
Vasgevang in my drome
Ek het jou lief soos altyd ek’s sonder jou verlore

Hier is ek daar is jy
Ver weg van my
Ek hou jou in my hart hier naby

Hier is ons in ‘n droom
In my hart sal jy bly woon
‘n Plek wat ek vir jou altyd sal bere

En die tyd sal leer
Vir nou bly dit seer

Vasgevang in my hart vir altyd
Vasgevang in my drome
Ek het jou lief soos altyd ek’s sonder jou verlore

Vasgevang in my hart vir altyd
Ek gee my woord ek belowe
Ek sal vashou aan jou vir altyd
Vasgevang (Vasgevang)

In my drome sien ek jou
Ek word veilig vasgehou
Die werklikheid het my is dit die waarheid?

In my hart is daar ‘n plek
Wat ek vir jou sal hou
‘n Plek wat ek vir jou altyd sal bere

En die tyd sal leer
Vir nou bly dit seer

Vasgevang in my hart vir altyd
Vasgevang in my drome
Ek het jou lief soos altyd ek’s sonder jou verlore

Vasgevang in my hart vir altyd
Ek gee my woord ek belowe
Ek sal vashou aan jou vir altyd
Vasgevang

Ek hoor nog jou stem in die nagte
My hart is joune
Vir nou is jy net ‘n gedagte

En ek weet dat die tyd sal leer (Tyd sal leer)
Vir nou bly dit seer

Vasgevang in my hart vir altyd
Vasgevang in my drome
Ek het jou lief soos altyd ek’s sonder jou verlore (Ek’s vasgevang)

Vasgevang in my hart vir altyd
Ek gee my woord ek belowe
Ek sal vashou (Ek sal vashou)
Aan jou vir altyd
Vasgevang (Vasgevang)
Vasgevang

Beliebteste Lieder von Cordelia

Andere Künstler von Dance pop