Jy's Die Hartklop Van My Lewe
Die lewe het seisoene
Die hart het sy gety
Ek sien weer in jou oë
Jou liefde vir my
Ons jonkwees is in lente
Ons liefde somer son
Ons harte hou die oeste
Want die rypheit wat nog kom
Jy’s die hartklop van my lewe
Die seisoene van my hart
Wys my hoe om deur jou oë
Lente son se koers te vat
Neem my hand in herf seisoene
As die winter vure brand
Bly by my as deur die jare
Ek nie vashou aan jou hart
‘n Dag by jou is lente
Die nag 'n kaggelvuur
Een oomblik sonder jou word
‘n Verlate weg gooi uur
In die somer van ons saam wees
In die winter van ons rou
By my in elke hartklop
Elke lang nag van onthou
Jy’s die hartklop van my lewe
Die seisoene van my hart
Wys my hoe om in jou oë
Lente son se koers te vaar
Neem my hand in herf seisoene
As die winter vure brand
Bly by my as deur die jare
Ek nie vashou aan jou hart
Bly hier by my
Deur die lewe
Jy’s my vrede
Bly by my
Vat my hand in herf seisoene
As die winter vure brand
Bly by my as deur die jare
Ek nie vashou aan jou hart
Bly by my as deur die jare
Ek nie vashou aan jou hart