Anna

O Anna ek weet dat daar baie manne is
Maar nie een wat die vuur in jou hart sal kan blus
Want jou liefde waarmee jy my so verlei
Maak my lewe, lewe, lewe, lewe met die tyd

Nes ek dink ek het jou vas, loop en soek jy groener gras
Onvoorspelbaar en so onverwags
Nes ek dink dat jy gaan bly sê jy weer goodbye vir my
Sê net een keer totsiens en dan los jy vir my

O Anna, ek sien daar is 'n ander ou
En die arme ou sal dit eendag berou
Want jou liefde waarmee jy ook hom verlei
Maak my liewer, liewer, liewer, liewer met die tyd

Nes ek dink ek het jou vas, loop en soek jy groener gras
Onvoorspelbaar en so onverwags
Nes ek dink dat jy gaan bly sê jy weer goodbye vir my
Sê net een keer totsiens en dan los jy vir my

O Anna ek weet dat daar baie manne is
Maar nie een wat die vuur in jou hart sal kan blus
Want jou liefde waarmee jy my so verlei
Maak my liewer, liewer, liewer, liewer met die tyd

Sal ek op jou wag tot jy rustig raak
En eindelik jou rus vind by my

O Anna ek weet dat daar baie manne is
Maar nie een wat die vuur in jou hart sal kan blus
Want jou liefde waarmee jy my so verlei
Maak my liewer, liewer, liewer, liewer met die tyd
Maak my liewer, liewer, liewer, liewer met die tyd
Maak my liewer, liewer, liewer, liewer met die tyd

Beliebteste Lieder von Gerrie Pretorius

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)