Die ABC
Ons oumas het geleer
Die A en die B en die grote C
En die D en die E en die snaakse F
Ons kinders wil nou leer
Dat A in aap en die A in bas
En die E in esel en die E in eend
Net eenders klink vir ons
Net eenders klink vir ons
Koppies knik, so knik, knik, knik
Handjies klap, so klap, klap, klap
Lyfies buig, so buig, buig, buig
Voetjies skop, so skop, skop, skop
Ons oumas het geleer
Die U en die V en die wye W
En die X en die Y en die laaste zet
Ons kinder wil nou leer
Dat A in aap en die A in bas
En die E in esel en die E in een
Net eenders klink vir ons
Net eenders klink vir ons
Die A en die B en die grote C
En die D en die E en die snaakse F
Ons kinder wil nou leer
Dat A in aap en die A in bas
En die E in esel en die E in een
Net eenders klink vir ons
Net eenders klink vir ons