Ek En My Kitaar

Ek en my kitaar ons hoort bymekaar
Singend speel ‘n wysie elke dag
Ek en my kitaar stem en helder snaar
Sluit by ons aan met ‘n lied en ‘n lag

Ek is ‘n sanger wat oral gaan
En sing dat almal my hoor
Van Kaap tot Molopo tot in die Klein Karoo woon my mense

My hart sing van liefde van die suider see
Ek sing as iemand my vra
My ou ramkiekie gaan waar ek my tent opslaan
Ek nooi almal om te luister

Ek en my kitaar ons hoort bymekaar
Singend speel ‘n wysie elke dag
Ek en my kitaar stem en helder snaar
Sluit by ons aan met ‘n lied en ‘n lag

Ek skryf die liedjies wat jul wil hoor
En laat dit sing op ‘n snaar
Die seëning en die see, vreugde en heimwee in my woorde

Ek nooi almal uit om te sing en fluit
Op maat van my langpad kitaar
Ja dis ‘n goeie jaar, klap hande en baljaar
Voel die ritme vol akkoorde

Ek en my kitaar ons hoort bymekaar
Singend speel ‘n wysie elke dag
Ek en my kitaar stem en helder snaar
Sluit by ons aan met ‘n lied en ‘n lag

Beliebteste Lieder von Gerrie Pretorius

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)