Jou Liefde Is Lewe

Vir lank was ek hier in my ere gevang
Die son het verdwyn agter my
Ek was oor die verlore
Maar my hart het geweet ek moet gister vergeet

En sag soos 'n kind wat sy drome kom haal
Het jy my gemaak wie ek is
'n Nuwe mens met wense
Ek was bang om te gee maar jou hart kom my leer

Jou liefde is lewe, jou oë sien my hart
Jou asem is wind wat jou waai deur my woorde
En al vaar ek alleen en die nag hou my vas
Onthou ek jou liefde vandag

Jou liefde is lewe, jou hart is my hoop
Jou spore is lig as ek loop in verlange
So lank as ek leef sal jy naby my bly
Jou liefde is lewe vir my

Jy't alles gegee en my wêreld gedraai
Jou vingers strate van goud
Jou hande deur my hare
En ek voel ek verdwaal vir die duisendste maal

Die lig van 'n ster en die engele ver
Het diep in my wese kom lê
Ek sien die mooiste lewe
Met jou liefde en hoop is die vensters nou oop

Jou liefde is lewe, jou oë sien my hart
Jou asem is wind wat jou waai deur my woorde
En al vaar ek alleen en die nag hou my vas
Onthou ek jou liefde vandag

Jou liefde is lewe, jou hart is my hoop
Jou spore is lig as ek loop in verlange
So lank as ek leef sal jy naby my bly
Jou liefde is lewe vir my

Jou liefde is lewe, jou oë sien my hart
Jou asem is wind wat jou waai deur my woorde
En al vaar ek alleen en die nag hou my vas
Onthou ek jou liefde vandag

Jou liefde is lewe, jou hart is my hoop
Jou spore is lig as ek loop in verlange
So lank as ek leef sal jy naby my bly
Jou liefde is lewe vir my
Jou liefde is lewe vir my
Jou liefde is lewe
Vir my

Beliebteste Lieder von Gerrie Pretorius

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)