Klein Bietjie Jy
Kleintjie bietjie jy deur jou oë sien ek my
Kleintjie bietjie kleintjie want oor gegewe net vir my
Saggies teen my wang my hart versag, meer dan is wan
Kleintjie baba kindjie ek lewe net vir jou
Vroeg opstaan vir doeke en windjies uit te vryf
Ja badtyd lag jy heeltyd, mis ons tydjie ek en jy
Kleintjie bietjie klientjie volmaak geskape handjies jy
Kleintjie baba kindjie van Here af vir my
Maar ek weet dat tyd verander, eendag sal ek nie saam kan gaan
En ek weet dit is die lewe, jy sal jou eie weg wil baan
Maar terwyl jy hier by my is kan die wêreld maar vergaan
Maar nou voel dit vir altyd dat kleintjie baba kindjie in my arms kan kom slaap
Kleintjie word toe sussa en sussa word mooi groot
'n Eie huis begeer sy, een om saam met haar te woon
Geen keer is aan die liefde en hy vra of hy mag trou?
En dalk sal hul ook eendag klein goedjies vas kan hou
Kleintjie bietjie kleintjie ek sal altyd by jou wees
Al moet ek eendag weggaan sal dit die tydelike wees
Ek sien nogsteeds jou ogies en dit is liefde wat ek lees
En ek weet dis ware liefde wat ek in jou ogies lees
En ek weet dis ware liefde wat ek in jou ogies lees