Lugballon

Trane kom uit ons oë in die plek van woorde
Wat ons ook nog altyd so graag vir mekaar wou sê
Genesing straal uit jou glimlag en vat ons heen na waar ek nou wag
Na daardie plek wat ek en jy goed ken

Want agter is donker, voor is lig

Vlieg saam met my
Daar's geen perke, ons sweef na die son, kom sprei jou vlerke
Sal jy saam my kom, sal jy saam my kom
Op my lugballon

Vlieg saam met my na die arms van liefde
Ons is net eenkeer jonk, laat ons harte die stuur vat
Sal jy saam my kom, sal jy saam my kom
Op my lugballon

Soos dit reën op my hart voel ek weer hoe raak ons sterker
Want om ons wolk is 'n silwer rand
In die koue wêreld word jou arms my warm plek
Waar ons altyd ons een en liefde in mekaar kan vind

Want agter is donker, voor is lig

Vlieg saam met my
Daar's geen perke, ons sweef na die son, kom sprei jou vlerke
Sal jy saam my kom, sal jy saam my kom
Op my lugballon

Vlieg saam met my na die arms van liefde
Ons is net eenkeer jonk, laat ons harte die stuur vat
Sal jy saam my kom, sal jy saam my kom
Op my lugballon

Vlieg saam met my
Daar's geen perke, ons sweef na die son, kom sprei jou vlerke
Sal jy saam my kom, sal jy saam my kom
Op my lugballon

Vlieg saam met my na die arms van liefde
Ons is net eenkeer jonk, laat ons harte die stuur vat
Sal jy saam my kom, sal jy saam my kom
Op my lugballon

Sal jy saam my kom op my lugballon
Sal jy saam my kom op my lugballon

Beliebteste Lieder von Irene-Louise Van Wyk

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)