Moenie Se Nie
Ons het gebreek, wat het gebeur?
Ek wou nog aanhou
In twee geskeur, my trane reën
Was ons net ‘n fout?
Daar is iets wat jou terug hou (Wat nou?)
‘n Gevoel wat bly vasklou (Aan jou)
En dit maak dat ek mal gaan oor jou
Dit is anders as wat ek (Onthou)
Jy wou net altyd langer (Vashou)
Ek sukkel om jou te vertrou
So moenie sê jy’s lief vir my nie
As jy dit nie bedoel nie
Moenie sê jy’s lief vir my nie
As jy dit nie so voel nie
Dis al die vals hoop wat my onder kry
Jy lieg vir my, jy lieg vir my
Ek sal jou by die horison gaan kry
Nou’s dit verby
Net ek probeer, jy kan jou nie steur
Om nog aan te hou
In my hart gesteek so ek bloei al deur
My klere vir jou
Daar is iets wat jou terug hou (Wat nou?)
‘n Gevoel wat bly vasklou (Aan jou)
En dit maak dat ek mal gaan oor jou
Dit is anders as wat ek (Onthou)
Jy wou net altyd langer (Vashou)
Ek sukkel om jou te vertrou
So moenie sê jy’s lief vir my nie
As jy dit nie bedoel nie
Moenie sê jy’s lief vir my nie
As jy dit nie so voel nie
Dis al die vals hoop wat my onder kry
Jy lieg vir my, jy lieg vir my
Ek sal jou by die horison gaan kry
Nou’s dit verby
Iets sit nie lekker in my borskas nie
Daar’s dinge wat ek en jy nooit gesê het nie
So ongemaklik dis ‘n tragedie
Wil jy nie sê wat tussen ons gekom het nie?
So moenie sê jy’s lief vir my nie
As jy dit nie bedoel nie
Moenie sê jy’s lief vir my nie
As jy dit nie so voel nie
Dis al die vals hoop wat my onder kry
Jy lieg vir my, jy lieg vir my
Ek sal jou by die horizon gaan kry
Nou’s dit verby