Jou Grootste Fan

Jy weet ek is ‘n fan van rugby
En ek mis nie as die Springbokke speel nie
Maar van jou van jou my bondeltjie liefde
Is ek nog ‘n grooter fan

Jy weet ek is 'n fan van music
En ek mis nie ‘n konsert op die dorp nie
Maar van jou van jou my bondeltjie liefde
Is ek nog ‘n grooter fan

So ek ontmoet jou na vyf vir koffie met room
Ons kry sommer pizza eet dit onder ‘n boom
En ek speel vir jou songs op my kitaar
Van Kerkorrel en Kramer

Bokkie ek jok nie
Ek lees vir jou gedigte van Antjie Krog
En ek skryf vir jou briewe stuur dit met die pos
En ek los vir jou ‘n boodskap op Twitter
Dat almal kan sien ek’s jou grootste fan

Jy weet ek is ‘n fan van partytjies
Met elkeen is ek voor in die koor maar
Van jou van jou my bondeltjie liefde
Is ek nog ‘n grooter fan

Jy weet ek is ‘n fan van Sewende Laan
Half sewe elke aand sal ek nêrens heen gaan maar
Van jou van jou my bondeltjie liefde
Is ek nog ‘n grooter fan

So ek ontmoet jou na vyf vir koffie met room
Ons kry sommer pizza eet dit onder ‘n boom
En ek speel vir jou songs op my kitaar
Van Kerkorrel en Kramer

Bokkie ek jok nie
Ek lees vir jou gedigte van Antjie Krog
En ek skryf vir jou briewe stuur dit met die pos
En ek los vir jou ‘n boodskap op Twitter
Dat almal kan sien ek’s jou grootste fan

Jy weet ek is ‘n fan van krieket
En jy weet ek is ‘n fan van die Kaap
Jy weet ek is ‘n fan van braai vleis
Jy weet ek is ‘n fan van slaap
Maar van jou van jou my bondeltjie liefde
Is ek nog ‘n grooter fan

So ek ontmoet jou na vyf vir koffie met room
Ons kry sommer pizza eet dit onder ‘n boom
En ek speel vir jou songs op my kitaar
Van Kerkorrel en Kramer

Bokkie ek jok nie
Ek lees vir jou gedigte van Antjie Krog
En ek skryf vir jou briewe stuur dit met die pos
En ek los vir jou ‘n boodskap op Twitter
Dat almal kan sien ek’s jou grootste fan

Wissenswertes über das Lied Jou Grootste Fan von Jak de Priester

Wann wurde das Lied “Jou Grootste Fan” von Jak de Priester veröffentlicht?
Das Lied Jou Grootste Fan wurde im Jahr 2015, auf dem Album “Ek Reis na Gister” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Jak de Priester

Andere Künstler von Afrikaans