Die Heer Het Opgestaan

Dood waar is jou angel?
Jy kon Hom nie oorwin
Jesus Christus lewe weer, Sy hartklop het begin

Die graf kon Hom nie vashou nie
Die dood kon Hom nie keer
Na donkerure van die nag breek die sonskyn deur

Die Heer het opgestaan, Hy is Oorwinnaar oor die dood
Sy krag is onbeskryflik groot, Hy leef en ons met Hom
Die Heer het opgestaan, my Koning leef, Hy triomfeer
Die dood en hel kon Hom nie keer, Hy leef en Hy regeer

Sonde, siekte, harsteer
Of watter helse mag
Moet die knie voor Jesus buig in Sy opstandingskrag

Ja die krag van Jesus, die Gees se dinamis
Laat jou en my ook uitstyg
Tot daar waar Jesus is

Die Heer het opgestaan, Hy is Oorwinnaar oor die dood
Sy krag is onbeskryflik groot, Hy leef en ons met Hom
Die Heer het opgestaan, my Koning leef, Hy triomfeer
Die dood en hel kon Hom nie keer, Hy leef en Hy regeer

Die Heer het opgestaan en saam met Hom staan ons ook op
En toe Hy opvaar vaar ons op en heers nou saam met Hom
Die Heer het opgestaan, my Koning leef, my Koning kom
Die nuwe Hemel en aarde kom, Hy leef en Hy regeer (Die Heer het opgestaan, my Koning leef, my Koning kom, die nuwe Hemel en aarde kom)
Hy leef hier binne my

Beliebteste Lieder von Jan de Wet

Andere Künstler von