In God Se Hart
In die hart van God die Vader
Is daar ‘n sagte plek
Vir hierdie land se mense
In elke dorp en kerk
En omdat Hy ons Sy Seun gegee het
Sterwend aan ‘n kruis
Soek Hy mense wat Sy liefde aan Suid Afrika sal wys
Daarom het Hy jou uitgesoek
En jou in Afrika laat bly
Sodat Sy genade kan uitvloei
Deur die lewe wat jy lei
En die harte van die mense
Wat oral om jou is
Kan weet dat Jesus die Verlosser is
In die hart van God die Vader
Is daar ‘n meesterplan
Vir elke kind se lewe
Vir elke vrou en man
Omdat Hy vir ons Sy Woord gegee het
En Sy Gees wat ons lei
Sal ons die rigting aanwys
Waar ons land kan vrede kry
En daarom het hy jou uitgesoek
Ja jy is net wat Hy wil hê
Sodat Hy deur jou Sy genade
In lewens kan belei
Jy is deel van Sy beplanning
Om ons land na hom te lei
Sodat ons is Jesus ware vrede kry
Dankie dat U my uitgesoek het
En dit deur my kan doen
En dat U liefde deur my uitvloei
Wat mense sal versoen
Sodat hierdie land se baie mense
U heeling sal ervaar
En aan die wêreld U goedheid sal verklaar