Jy Mag Maar

Jy mag maar jou koffie slurp of in die piering gooi
Jy mag maar met vuil voete uit die kompos hoop oor ons wit mat loop
Jy mag maar jou naels kou of als in swak groente huis toe bring
As jy maar net terug kan kom

Ek gaan lenteloos deur die lente
Somerloos deur die somer
Ek sien die skemer in die dagbreek
As jy maar net terug kan kom
As jy maar net terug kan kom

Jy mag maar die badkamer omkrap of die nat vloer opdroog met my waslap
Skakel maar die radio aan om ses-uur in die more en luister na jou Landbou radio
Jy mag maar snags hard snork of oor koue voete brom
As jy maar net terug kan kom

Ek gaan lenteloos deur die lente
Somerloos deur die somer
Ek sien die skemer in die dagbreek
As jy maar net terug kan kom
As jy maar net terug kan kom

Beliebteste Lieder von Jan de Wet

Andere Künstler von