Wie Sal?

Wie dra die skuld van geloof na die plakkers en krotbuurtes
En getuig teenoor die bendes van die nag?
Wie sal sterk en wie sal braaf wees om aan die prostetuut te sê
Christus is die sin waarna sy smag

Wie neem die borsplaat van geregtigheid na die kinders in die skool
En getuig van Jesus todat elkeen hoor?
Wel dis ek en dis jy wat weet Hy is die antwoord
Vir die wêreld bly daar net een uitweg oor

Sê my wie staan vir die waarheid, wie staan vas en sê dit duidelik?
Aborsie is verkeerd want dit is moord
Wie konfronteer die wêreld leiers wat regeer met vrees en valsheid
En wie vra vir ‘n regering na God's woord?

Wie neem die helm van verlossing na die howe en die sakebeurs
En Sy rykdom is meer as net motors goud of rand
Wel dis ek en dis jy wat glo in die Verlosser en die lig van Jesus bring vir hierdie land

Ja dis ek en dis jy
Ons is die lig die bakens wat rigting wys in elke donker nag
In die parlement en die howe in huise en kantore
En die weg aanwys vir duisende wat wag

Want soveel mense sterf daagliks in Kaapstad en Soweto
En in Hilbrow lê die kinders saans op straat
Die junkies in Seepunt en in Durban is vasgevang in dwelms
En in Gauteng is daar geweld en moord op straat

Iemand moet dit duidelik sê Jesus is die uitweg
En preek teen anargie en rasse haat
Wel dis ek en dis jy, ons is moss Sy dissipels
Kom ons bring Sy lig en hoop vir hierdie land

Ja dis ek en dis jy, ons is mos sy dissipels
Kom ons bring Sy lig en hoop vir hierdie land

Beliebteste Lieder von Jan de Wet

Andere Künstler von