Sit Dit Af

Die ander dag toe voel ek lam
Ek wou 'n klein bietjie ontspan
En 'n boer maak 'n plan
Ek sit my TV-set toe aan
Jy sal nie glo wat ek sien
Op my TV screen

Dit was 'n nare gesig
Dit het my heeltemal ontwrig
Dit was 'n moerse klug
Dit was P.W. se gesig
En langs hom staan ou oom Pik, oh
Oe, ek dog ek gaan verstik

Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)

Want dis 'n helse straf

Ek stap kombuis toe kry 'n bier
En skakel oor na TV4
O my god wat het ons hier
Wat my TV screen ontsier
Is daar nêrens om te vlug
Van daai man se mooi gesig

Met sy vinger in die lug
Gaan hy my lewe net ontstig
En die programme in die lug
Sien jy net P.W. se gesig
Ek vat jou nou 'n wed
Al die bure het M-net, yeah

Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Want dis 'n helse straf

O, ek sê jou dis finaal voor julle my kom haal en ek met al my verstand in die gestig beland
As daar iets is wat my kwel
Is dit my TV stel

(Hey)
(Sit)
(Dit)
(Af)
(Af)

Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Want dis 'n helse straf

Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (Sit dit af, sit dit af)
Want dis 'n helse straf

Beliebteste Lieder von Johannes Kerkorrel

Andere Künstler von Pop rock