Alles Wat Daar Is
Saam hout gepak
Saam vuurgemaak
Vlamme styg toe hardloop jy en nou moet ek alleen die brand uitkry hier binne my
Ons het saam ja gesê
Saam stil gelê
Jy't gehardloop toe dit oggend raak nou moet ek alleen die bed opmaak van jou en my
Om myself weer heel te kry
Myself weer heel te kry
Alles wat daar was alles wat daar was en nie meer is
Hoekom moet jy my hoekom moet jy my jou so laat mis?
Ek sou ‘n hart oor gehad het
As jy my nie verlaat het saam met jou
Alles wat daar was alles wat daar was en nie meer is
Hoekom moet jy my hoekom moet jy my jou so laat mis?
Ek droom elke aand nog ek hou jou vas
Hoe verloor jy iets wat nooit joune was?
Alles wat daar was alles wat daar was is weg
Ons het saam bly geraak
Saam huis gemaak
Toe jy weggaan wou my mure val maar ek het hulle opgetel en sterk gemaak
Sodat ek weer heel kan raak
Sodat ek weer heel kan raak
Alles wat daar was alles wat daar was en nie meer is
Hoekom moet jy my hoekom moet jy my jou so laat mis?
Ek sou ‘n hart oor gehad het
As jy my nie verlaat het saam met jou
Alles wat daar was alles wat daar was en nie meer is
Hoekom moet jy my hoekom moet jy my jou so laat mis?
Ek droom elke aand nog ek hou jou vas
Hoe verloor jy iets wat nooit joune was?
Alles wat daar was alles wat daar was is weg
So bitter min verstaan
So bitter baie vergaan
So baie sterk gestaan
So baie min is oor van
Alles wat daar was alles wat daar was en nie meer is
Hoekom moet jy my hoekom moet jy my jou so laat mis?
Ek sou ‘n hart oor gehad het
As jy my nie verlaat het saam met jou
Alles wat daar was alles wat daar was en nie meer is (Nie meer is)
Hoekom moet jy my hoekom moet jy my jou so laat mis? (Mis)
Ek droom elke aand nog ek hou jou vas (Hou jou vas)
Hoe verloor jy iets wat nooit joune was? (Joune was)
Alles wat daar was alles wat daar was is weg