Dis Mos Die Lewe
Gee my 'n droom om in te glo
Die geluk in 'n kind se oë
Iemand om my vas te hou
Die vriendskap tussen my jou
Ja dis genoeg vir my
Gee my 'n land met my eie taal
Gee my die bloed van 'n volksverhaal
Gee my vrede in ons land
Net die omgee van 'n hand
Want dis genoeg vir my
Na na na na na
Dis mos die lewe
Sonder weelde sonder geld
Diep in my is ek tevrede
Want ek het rykdom in my hart
Na na na na na
Dis mos die lewe
Dis die klein dingetjies wat tel
Want dit wat my gelukkig maak
Is die rykdom in my hart
Gee my 'n plek waar ek rus kan vind (Vind, vind, vind)
Gee my die fluister in die wind
Al die kleure van die son
Die soetste geur van 'n bloeiselblom
Ya, dis genoeg vir my (My, my, my)
Gee my 'n rooi Kalahari-duin
'n Stêr wat in die hemel skyn
'n Warm vuur wat voor my brand
Die gedruis van die see, die sand
Want dis genoeg vir my
Na na na na na
Dis mos die lewe
Sonder weelde sonder geld
Diep in my is ek tevrede
Want ek het rykdom in my hart
Na na na na na
Dis mos die lewe
Dis die klein dingetjies wat tel
Want dit wat my gelukkig maak
Is die rykdom in my hart
Dis die lewe (Dis die lewe)
Dis in my hart (Dis in my hart)
Ya, dis die lewe (Dis die lewe)
Dis die rykdom in my hart
Na na na na na
Dis mos die lewe (Dis die lewe)
Sonder weelde sonder geld (Sonder weelde sonder geld)
Diep in my is ek tevrede (Diep in my is ek tevrede)
Want ek het rykdom in my hart (In my hart)
Na na na na na
Dis mos die lewe (Dis die lewe)
Dis die klein dingetjies wat tel (Dis al wat tel)
Want dit wat my gelukkig maak (Dit wat my gelukking maak)
Is die rykdom in my hart (Die rykdom in my hart)
Dit wat my gelukking maak
Is die rykdom in my hart