Dowwe Spore

Die branders van die hart is blind
Dit slaan jou om voor jy jou voete vind
Ons is kinders, wat teen die liefdes-see baklei

Die son gee sy lig verniet
Hy't ons skadu's
Deur sy siel gegiet
En ek sien jou daar, waar die son se traan verdwyn

En ek bly, want jy hou jou woorde vir my
En al reën die lewe swart, sal ek jou kry

Die dowwe spore van jou hart kom terug na my toe
Ek ken jou naam
En ek hoor jou in die middel van 'n ou onthou se fluister teen die wind
Die dowwe spore ken die rigting
En elke tree wat my liefde gee maak jou voetspore heel

Die kamers van die hart is klein
In 'n oomblik
Kan die deur verdwyn
Ons is swerwers
Wat na nuwe sleutels soek

Nog nooit is daar iets gevra
Sonder iemand
Wat die las kan dra
Daar is altyd nuwe woorde om te hoor

Waar ons staan, gooi ons drome vas teen die maan
Waar jou hart se spore lê, sal ek gaan

Die dowwe spore van jou hart kom terug na my toe
Ek ken jou naam
En ek hoor jou in die middel van 'n ou onthou se fluister teen die wind
Die dowwe spore ken die rigting
En elke tree wat my liefde gee maak jou voetspore heel

En ek bly, want jy hou jou woorde vir my
En al reën die lewe swart, sal ek jou kry

Die dowwe spore van jou hart kom terug na my toe
Ek ken jou naam
En ek hoor jou in die middel van 'n ou onthou se fluister teen die wind
Die dowwe spore ken die rigting
En elke tree wat my liefde gee, maak jou voetspore heel

Voetspore heel

Wissenswertes über das Lied Dowwe Spore von Juanita du Plessis

Wann wurde das Lied “Dowwe Spore” von Juanita du Plessis veröffentlicht?
Das Lied Dowwe Spore wurde im Jahr 2011, auf dem Album “Engel Van My Hart” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop