Ek Is Jammer Duet

Ek vra myself
Hoekom ek jou seermaak
En hoekom ek jou nooit sê
Hoe ek voel nie

Dan hoop ek weer
Tyd sal alles regmaak
Maar ek besef nooit al die skade
Wat ek doen nie

My woorde laat jou vlug , jaag jou weg
Die donker in
Mmm, die donker in

Mag die stilte van die nag
Jou stewig vashou
En die strale van die maan
Die koue weg hou

Mag die leemte in my hart
Jou koers verander
As die wind my woorde saam dra
Ek is jammer

Ek wens jy was nou hier
Dat ek dit kon sê
Hoe graag ek jou hier langs
My wil hê

Mag die stilte van die nag
Jou stewig vashou
En die strale van die maan
Die koue weg hou

Mag die leemte in my hart
Jou koers verander
As die wind my woorde saam dra
Ek is jammer

Ek wens jy was nou hier
Dat ek dit kon sê
Hoe graag ek jou hierlangs
My wil hê
Ek is jammer

Ek is jammer
Ek is jammer

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop