Gaan Groot!

Gaan groot of gaan huistoe
Ag toe, toe, toe, toe kom dat ek wys hoe
Jy lekker nou jou lyf kan skud en die dansvloer beweeg vanaand
Gaan groot of jy weet nie
'n Lekker, lekker aand om nie te vergeet nie
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand

Dis lekker tyd om te dans
Jy wag dat iemand jou vra
Dis nou die kans om dit te vat, vat, vat
Vanaand en almal wag vir jou daar
Want vanaand gaan ons groot
En die musiek is gelaai
Ons gaan hom vat totdat die maan
Gaan lĂȘ en die hanne in die oggend kraai

Gaan groot of gaan huistoe
Ag toe, toe, toe, toe kom, dat ek wys hoe
Jy lekker nou jou lyf kan skud en die dansvloer beweeg vanaand
Gaan groot of jy weet nie
'n Lekker, lekker aand om nie te vergeet nie
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand

En nou's die worries verby
Nou's dit ek en dis jy
En tussen almal wat hom vat, vat, vat
Vanaand het jy my arms gekry
Dis nou jou kans om te dans
So laat jou voete jou dra
In hierdie lekker van die ritme is daar niks om langer meer te vra

Gaan groot of gaan huistoe
Ag toe, toe, toe, toe kom dat ek wys hoe
Jy lekker nou jou lyf kan skud en die dansvloer beweeg vanaand
Gaan groot of jy weet nie
'n Lekker, lekker aand om nie te vergeet nie
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand

Ons gaan bly
Totdat die voete op die vloer verdwyn
Ons gaan bly
Totdat die son begin hieroor kom skyn

Gaan groot of gaan huistoe
Ag toe, toe, toe, toe kom, dat ek wys hoe
Jy lekker nou jou lyf kan skud en die dansvloer beweeg vanaand
Gaan groot of jy weet nie
'n Lekker, lekker aand om nie te vergeet nie
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop