In My Hart

Maak nou oop jou hart
Maak jou oop vir my
Ek wil weet wat jy dink?
Sê vir my?

Maar jy draai jou weg
Jy sluit al jou woorde toe
Ek wens ek kon jou verstaan
Maar ek weet nie hoe

Is dit ek of is dit jy?
Onthou net tyd vlieg gou verby
Hou my vas 'n laaste keer

In my hart sal jy die ritme voel, dis 'n klop aan die deur
Net vir jou bedoel en ek wonder sag
Of jy by my wil bly?

In my hart, is daar net plek vir jou, sal jy my vergeet?
Of sal jy onthou dat ek altyd wag
Tot ek jou eendag kry

Dis jou besluit
Wie is ek om jou te keer?
Solank jy dit nooit vergeet
Ek het als probeer

As jy eendag bang
Alleen en verlore is
Dis hier waar ek sal wag
By my kan jy rus

Voor jy omdraai, voor jy loop
Los my met 'n bietjie hoop
Hou my vas 'n laaste keer

In my hart sal jy die ritme voel, dis 'n klop aan die deur
Net vir jou bedoel en ek wonder sag
Of jy by my wil bly?

In my hart is daar net plek vir jou, sal jy my vergeet?
Of sal jy onthou dat ek altyd wag
Tot ek jou eendag kry

In my hart sal jy die ritme voel, dis 'n klop aan die deur
Net vir jou bedoel en ek wonder sag
Of jy by my wil bly? (Jy by my wil bly?)

In my hart is daar net plek vir jou, sal jy my vergeet?
Of sal jy onthou dat ek altyd wag
Tot ek jou eendag kry (Ek jou eendag kry)

In my hart sal jy bly
In my hart, tot ek jou kry
In my hart, in my hart

Wissenswertes über das Lied In My Hart von Juanita du Plessis

Auf welchen Alben wurde das Lied “In My Hart” von Juanita du Plessis veröffentlicht?
Juanita du Plessis hat das Lied auf den Alben “Jy Is...” im Jahr 2003 und “Jy Is” im Jahr 2003 veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop