Is Dit Jy
Dit was lank gelede
Ek onthou nog jou soen
Maar ons was nog jonk
Wou nog so baie doen
Het my lewe lank altyd gewonder, geraai
Wie die regte een sou wees
Met jou foto steeds teen my kamermuur
Staan jy jare later hier
Is dit jy wat weer in my drome dwaal?
Is dit jy? (Jy, jy, jy)
Is dit jy wat weer in my kop kom maal?
Want ek dink net aan jou
Is dit jy wat my hart in jou hande hou?
Is dit jy? (Jy, jy, jy)
Is dit jy wat die son weer om my sal vou?
Want ek dink ja ek dink
Net aan jou
Soos die suidewind
Het jy deur my kom waai
In 'n oogwink
Het jy als omgedraai
Toe jy my kom groet
Met jou glimlag soet
Kon ek dit in jou oë lees
Al was dit jare terug of hier en nou
Dis bedoel om te wees
Is dit jy wat weer in my drome dwaal?
Is dit jy? (Jy, jy, jy)
Is dit jy wat weer in my kop kom maal?
Want ek dink net aan jou
Is dit jy wat my hart in jou hande hou
Is dit jy? (Jy, jy, jy)
Is dit jy wat die son weer om my sal vou?
Want ek dink ja ek dink
Is dit jy wat weer in my drome dwaal?
Is dit jy?
Is dit jy wat weer in my kop kom maal?
Want ek dink net aan jou
Is dit jy wat my hart in jou hande hou
Is dit jy? (Jy, jy, jy)
Is dit jy wat die son weer om my sal vou?
Want ek dink ja ek dink
Net aan jou (Aan jou, ek dink net aan jou, aan jou)