Jou Skaduwee [Live]

Stap kaalvoet saam met my
In die reën
Op die spore van ons drome
Net ek en jy alleen

En waar die son jou buitelyne laat ophou sal ek begin
Wat jy gee sal ek neem
Want ek en jy is een
Jou skaduwee

Met elke hartklop volg ek oral op jou paaie
Elke tree
Deur droë woestyne deur die diepste, diepste waters
Van die blou see
En sou die strale van die son jou spore dofmaak
Sal ek koelte gee
My asem bly ‘n deel van jou
Ek sal jou regop hou
Jou skaduwee

Kom tel die sterre saam met my
Elke aand
In die melkweg lê ons drome en wag
Dat ons dit kom haal

Maar die donker van die onbekende nagte
Dit maak my bang
Mag ek jou skuiling leen, want ek en jy is een
Jou skaduwee

Met elke hartklop volg ek oral op jou paaie
Elke tree
Deur droë woestyne deur die diepste, diepste waters
Van die blou see
En sou die strale van die son jou spore dofmaak
Sal ek koelte gee
My asem bly ‘n deel van jou
Ek sal jou regop hou
Jou skaduwee

Met elke hartklop volg ek oral op jou paaie
Elke tree
Deur droë woestyne deur die diepste, diepste waters
Van die blou see
En sou die strale van die son jou spore dofmaak
Sal ek koelte gee
My asem bly ‘n deel van jou
Ek sal jou regop hou
Jou skaduwee

My asem bly ‘n deel van jou
Ek sal jou regop hou
Jou skaduwee

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop