Jou Volla Live [Live]

Bring jou Volla, want daar's plek vir twee
Dan nooi ek jou vir 'n koppie tee, jy hoef niks te sê solank ek net vir jou kan kyk
As jy vir my jou liedjie bring
Sal ek dit uit my hart uit sing, ja, die vonkel in jou oë dit laat alles sommer beter lyk

Want jou glimlag doen dit, jou glimlag doen dit vir my, ah-ha
Kan ek saam met jou ry, kan ek saam in jou Volla ry

Want as jy lag
Jy weet jy maak my dag
Dis al wat my deur die ure kry wat in die donker lê en wag
Ooh, as jy lag, die lig in jou oë so sag
Jy maak die wêreld 'n beter plek vir my as jy lag

Die dimpels op jou wange maak my mal dit laat my oor my eie voete val
Ja, die lyne om jou mond dit laat my hart se ritme draai
Ooh, jy weet jy bly my skattebol, jy laat die bloed in my are stol
Net een kyk en jy kan my met 'n veer omwaai, oh yeah

Want jou glimlag doen dit, jou glimlag doen dit vir my, ah-ha
Kan ek saam met jou ry, kan ek saam in jou Volla ry

Want as jy lag
Jy weet jy maak my dag
Dis al wat my deur die ure kry wat in die donker lê en wag
Ooh, as jy lag, die lig in jou oë so sag
Jy maak die wêreld 'n beter plek vir my as jy lag

As jy lag
Jy weet jy maak my dag
Dis al wat my deur die ure kry wat in die donker lê en wag
Ooh, as jy lag, die lig in jou oë so sag
Jy maak die wêreld 'n beter plek vir my as jy lag

Jy maak die wêreld 'n beter plek vir my
'n Beter plek vir my
'n Beter plek vir my as jy lag, oh yeah

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop