Kruidjie Roer My Nie

Anton Goosen

Jy's 'n bondeltjie liefde
As ons donkiekar ry
En die stadsliggies waai
Vêr by ons verby

Jou oë is so mooi
En my hart is die prooi
My hart in die weegskaal
Reg in my kraal
My hart in die weegskaal
Reg in my kraal

Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vrinne jou noem
Maar kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen

In 'n huis of paleis
'n Pondok of 'n hok
Met jou aan my sy
Gaan die wêreld verby

Liefde het sy flikkertjie flikker gegooi
En die hart binne my
'n Gewillige prooi
Die hart binne my
'n Gewillige prooi

Kruidjie roer my nie
Is die naam wat jou vrinne jou noem
Maar kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen

Jy's 'n bondeltjie liefde
As ons donkiekar ry
En ek speel konsertina
Vir jou en vir my

Wat maak alles saak
Waar ons twee gaan bly
In Waterkloofrif of langs Paddafontein
In Waterkloofrif of langs Paddafontien

Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vrinne jou noem
Maar kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen

Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vrinne jou noem
Maar kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen

Wissenswertes über das Lied Kruidjie Roer My Nie von Juanita du Plessis

Wann wurde das Lied “Kruidjie Roer My Nie” von Juanita du Plessis veröffentlicht?
Das Lied Kruidjie Roer My Nie wurde im Jahr 2007, auf dem Album “Volmaakte Kring” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Kruidjie Roer My Nie” von Juanita du Plessis komponiert?
Das Lied “Kruidjie Roer My Nie” von Juanita du Plessis wurde von Anton Goosen komponiert.

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop