My Antwoord

Ons was jonk en verlief op 'n volmaan aand
Kon vir ewig daar in mekaar se arms lê
Lugkastele het ons toegevou
Ons het groot gedroom oor wat ons saam wou hê

Ek was net sewentien
Maar het my toekoms in jou oë gesien
En toe jy my vra was my antwoord ja

Sal jy my nog liefhê?
Sal jy oor my voel soos jy nou voel?
Sal jy na my kyk soos jy nou na my kyk
As ons eendag oud is?

Na skool is jy weg ons het grootgeword
Maar die liefde in ons harte het steeds gebrand
Jare gewag en jare gedroom oor die dag wat jy jou ring sit hier aan my hand

Sewe jaar het verby gegaan
Op jou knieë het jy voor my kom staan
En toe jy my vra was my antwoord ja

Sal jy my nog liefhê?
Sal jy oor my voel soos jy nou voel?
Sal jy na my kyk soos jy nou na my kyk
As ons eendag oud is?

Sal jy my nog liefhê? (Liefhê)
Sal jy aan my raak soos jy nou doen?
Sal jy my nog soen sonder ophou soen
As ons eendag oud is?

Die lyne om jou oë is so duidelik nou en die grys in jou hare het meer geword
‘n Huis vol kinders en ‘n lewe saam
Het al’s wat ons gedroom het oor waar geword

Ek het jou steeds so lief
Ek het jou liewer as lief
As jy my weer vra
Is my antwoord ja

Sal jy my nog liefhê?
Sal jy oor my voel soos jy nou voel?
Sal jy na my kyk soos jy nou na my kyk
As ons eendag oud is?

Sal jy my nog liefhê? (Liefhê)
Sal jy aan my raak soos jy nou doen?
Sal jy my nog soen sonder ophou soen
As ons eendag oud is?

Sal jy my nog soen sonder ophou soen
As ons eendag oud is?
As ons eendag oud is?

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop