Net 'n Mens

Juanita Du Plessis

As die donker om my vou
En die nag se kloue my vashou
As die verlange deur my boor
Met die koue besêf
Ek het jou verloor

Mag ek dan stil raak
My siel se vensters oop maak
Myself net toelaat
Om te weet
Ek's net 'n mens

Ek gooi vanaand my traan
Teen die maan
Wie sal die pyn
In my verstaan
Waar sal my hart
Weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Die vrees oorrompel my
Hier waar ek alleen agter bly
Waar die bang wees om my vou
Oor dit wat was
En wat die toekoms hou

Ek hoor nogsteeds jou naam
En ek weet nie hoe
Om aan te gaan
Waar my hart in stukke lê
Onthou ek
Ek's net 'n mens

Ek gooi vanaand my traan
Teen die maan
Wie sal die pyn
In my verstaan
Waar sal my hart
Weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Waar sal my hart
Weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Wissenswertes über das Lied Net 'n Mens von Juanita du Plessis

Wann wurde das Lied “Net 'n Mens” von Juanita du Plessis veröffentlicht?
Das Lied Net 'n Mens wurde im Jahr 2015, auf dem Album “Toe Staan Die Wêreld Stil” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Net 'n Mens” von Juanita du Plessis komponiert?
Das Lied “Net 'n Mens” von Juanita du Plessis wurde von Juanita Du Plessis komponiert.

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop