Silwer de Lange

Die konsertina kerm al sy verlange
In die hande van Silwer de Lange
Hy't gespeel van die liefde
Maar hy was 'n eensame man

Ja ou Silwer hy't die pad alleen geloop
En gedwaal soos net 'n swerwer kan
Dalk 'n bottel in die hand om die wêreld se skerpkant
Weg te brand

Dis 'n geleende konsertina vir 'n arm man
Wat kon speel beter as 'n ander kan
As die Vyf Dagbrekers oor die radio grammofoon speel

O dan wonder ek baie oor jou Silwer
Daar's so baie wat ons twee kon deel
Maar die konsertina's nou sy weduwee
En sy hande het afgetree

O speel hom Silwer speel hom weer
Speel hom Silwer nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silwer
Silwer de Lange

En kom die paaie van die ou musikante
Aan die kruising van die hemel se rante
En 'n man hoef nie meer vir 'n sjieling
Op 'n dag te speel

En ek wonder hoe baie baie harte
Het ou Silwer in sy lewe gesteel
Maar die konsertina's nou sy weduwee
Hy't sy hart net vir haar gegee

En watter vrou het gekyk in jou oë so blou?
As jou vingers om die wheatstone se note vou
Wie't die hartseer man teen haar bors getroos?

Ja die wêreld's nog dieselfde ou Silwer
Hy's hard en hy's voos en hy's boos
Het jy alleen gespeel en musiek gemaak?
Toe jou hande aan die stilte raak

O speel hom Silwer speel hom weer
Speel hom Silwer nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silwer
Silwer de Lange

O speel hom Silwer speel hom weer
Speel hom Silwer nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange in die hande van Silwer
Silwer de Lange

Wissenswertes über das Lied Silwer de Lange von Juanita du Plessis

Wann wurde das Lied “Silwer de Lange” von Juanita du Plessis veröffentlicht?
Das Lied Silwer de Lange wurde im Jahr 2011, auf dem Album “Engel Van My Hart” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop