Somerkersfees

Welkom, o stille nag van vrede onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis

Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk ‘n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer

Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal
Kyk, selfs die nagtelike swye, vertel die ou verhaal

Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk ‘n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer

Voel jy ook nou Sy warm liefde as ons die dag gedenk
Toe Hy Sy Seun aan ons gestuur het, ons grootste kersgeskenk

Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk ‘n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer

Aan hierdie land, o Heer

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop