Toe Staan Die Wêreld Stil

Juanita Du Plessis

As jy kyk draai ek weg
Maar wanneer jy weg kyk
Staar ek na jou (Jou)
Want jy's net so perfek
Ek verdwaal in jou (Jou)
En droom hoe jy my eendag in jou arms hou

Jy kom nader gestap
Ek moet twee keer my oë knip
Want jy kyk na my
En jou glimlag verhelder
Jy staan voor my
Voel 'n kol hier op my maag
Toe jy sê hello jy
Hello jy

Toe staan die wêreld stil
Kan nie praat nie maar ek wil
Ek sien net jou lippe
Dit breek die stilte
Want my hart het ophou klop

Kan nie hoor wat jy wil sê
Ek sien my in jou arms lê
As jy diep in my oë kyk
En die prentjie so mooi lyk
Wens ek die tyd kan stop
Toe staan die wêreld stil

Ek het nooit geglo
In liefde met een kyk
Maar my asem is weg
Dis daar in jou hande
Hoe kry jy dit reg?
Dat ek alles sal verloor
Om net vir jou te veg

Daar kom 'n dag
Waar liefde verenig
En ek dink dis nou
Wat tot bo in die hemel
Als oop gevou
Ek skryf dit op my hart
Want dit behoort aan jou
Behoort aan jou

Toe staan die wêreld stil
Kan nie praat nie maar ek wil
Ek sien net jou lippe
Dit breek die stilte
Want my hart het ophou klop

Kan nie hoor wat jy wil sê
Ek sien my in jou arms lê
As jy diep in my oë kyk
En die prentjie so mooi lyk
Wens ek die tyd kan stop

Toe staan die wêreld stil
Kan nie praat nie maar ek wil
Ek sien net jou lippe
Dit breek die stilte
Want my hart het ophou klop

Kan nie hoor wat jy wil sê (Wat jy wil sê)
Ek sien my in jou arms lê (In jou arms lê)
As jy diep in my oë kyk
En die prentjie so mooi lyk
Wens ek die tyd kan stop
Toe staan die wêreld stil

Wissenswertes über das Lied Toe Staan Die Wêreld Stil von Juanita du Plessis

Wann wurde das Lied “Toe Staan Die Wêreld Stil” von Juanita du Plessis veröffentlicht?
Das Lied Toe Staan Die Wêreld Stil wurde im Jahr 2015, auf dem Album “Toe Staan Die Wêreld Stil” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Toe Staan Die Wêreld Stil” von Juanita du Plessis komponiert?
Das Lied “Toe Staan Die Wêreld Stil” von Juanita du Plessis wurde von Juanita Du Plessis komponiert.

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop