Wat Het Van Ons Geword

Juanita Du Plessis

Het so hard probeer baklei
Dit alles probeer vermy
Daar kom 'n dag waar jy die waarheid
In die oë moet kyk (Kyk)

Ons het niks meer vir mekaar te sê (Te sê)
Ek weet nie meer wat jy wil hê
Want die mure wat jy bou het net
Te hoog geword (Geword)

Jy sit alleen daar in jou hoekie
Ek sit alleen hier in myne

Wat het van ons geword?
Wat het met ons gebeur?
Jy raak nie meer aan my nie
Jy soen my nie meer

Daar't 'n stilte tussen ons kom lê
'n Stilte wat alles sê
Ek wil jou nooit verloor nie
Maar sê my wat bly oor?

Jy's 'n vreemdeling vir my
As ek praat kyk jy verby
Kan jy nie hoor hoe my hart huil hier
Aan die binnekant

Hoe het tyd ons so vevreem
Waar is alles heen
Die alleenheid in my siel
Het nou my vriend geword

Jy sit alleen daar in jou hoekie
Met jou eie gedagtes
Ek sit alleen hier in myne

Wat het van ons geword?
Wat het met ons gebeur?
Jy raak nie meer aan my nie
Jy soen my nie meer

Daar't 'n stilte tussen ons kom lê
'n Stilte wat alles sê
Ek wil jou nooit verloor nie
Maar sê my wat bly oor?

Ek sal aanhou hoop
Aanhou droom
Dat ons dinge weer kan regmaak
As jy net wil sê
Net wil sê
Of jy my nog wil hê

Wat het van ons geword?
Wat het met ons gebeur?
Jy raak nie meer aan my nie
Jy soen my nie meer

Daar't 'n stilte tussen ons kom lê
'n Stilte wat alles sê
Ek wil jou nooit verloor nie
Maar sê my wat bly oor?

Wat het van ons geword?
Wat het van ons geword?
Wat het met ons gebeur?
Wat het van ons geword?
Ooh hoo

Wissenswertes über das Lied Wat Het Van Ons Geword von Juanita du Plessis

Wann wurde das Lied “Wat Het Van Ons Geword” von Juanita du Plessis veröffentlicht?
Das Lied Wat Het Van Ons Geword wurde im Jahr 2015, auf dem Album “Toe Staan Die Wêreld Stil” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Wat Het Van Ons Geword” von Juanita du Plessis komponiert?
Das Lied “Wat Het Van Ons Geword” von Juanita du Plessis wurde von Juanita Du Plessis komponiert.

Beliebteste Lieder von Juanita du Plessis

Andere Künstler von Country pop