Liefde Uit Die Oudedoos [Live]
Ek wil lewe in jou skaduwee
Ek wil jou blik oor alles voel
Elke oggend as die son opkom
Oor my bed en kas en stoel
Ek wil weet net wie en wat jy is
Ek wil jou fyn maal op die wal
Ek wil jou rook soos goeie kruie
Uit die diepste, diepste dal
Ek wil jou dophou as jy luister
Na die woorde van matrose
Ek wil saamgaan op jou strooptog
Ek wil deel in jou psigose
Kuns is edel, kuns is boos
Kuns is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos
Kind van liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude, oude doos
Dis ’n bitterbessie dagbreek
Dis ’n uitroep kommapunt
Mabalel is huis toe
Want sy mis haar eie kind
Ek wens ek kon jou teken
Met ’n koukie of ’n kwas
Ek wens ek kon onthou
Hoekom ek so bewerig was
Ek wens ek kon jou opskryf
Met my balpuntpen behaag
Ek wens ons kon saam wakker word
In ’n youth hostel in Praag
God is edel, God is boos
God is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos
Kind van liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude, oude doos
Liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude, oude doos
Ek wil jou rondwys in my hart
Elke vloer en elke plafon
Ek sien jou bibber in die koue
Maar daar’s nog son op die balkon
Kuns is edel, kuns is boos
Kuns is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos,
Kind van liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude, oude doos
Liefde uit die oude doos
Liefde uit die oude, oude doos