Vir Jou

Vra my wysheid, ek verwys jou
Ignoreer my
Ek upstage jou
My menings pyling onderskei jou
Jy speel saam want ek verlei jou
Ek wil vertaal in waterverf dimensies
Ek wil verdwaal en nooit weer hoef te wens nie
As ek naby is aan jou
As ek naby is aan jou

Deur die skare soek ek net na jou
Jaar na jaar, jy’s al wat ek onthou
Al die kitare speel weer net vir jou
‘n Serenade song en dans vir jou

Ek gaan nooit verloor nie,
Ek gaan nooit wen nie
Jou ten volle verstaan of ken nie
Maar ek is useless sonder jou
Ek is useless sonder jou
Ek lewe klein en uncomplicated
Die een fout is so underrated
As ek naby is aan jou
As ek naby is aan jou

In ‘n kroeg of in ‘n kerk
As ons slaap of as ons werk
Ons is swak maar ons is sterk
Ons is vry maar in geveg
Sonder liefde, het ons niks
Sonder liefde, is daar niks
Sonder liefde, is ek niks
Sonder liefde

Deur die skare soek ek net na jou
Jaar na jaar jy’s al wat ek onthou
Al die kitare speel weer net vir jou
‘n Serenade song en dans vir jou
Net vir jou

Beliebteste Lieder von Karen Zoid

Andere Künstler von Pop rock