Die Man Agter Die Masker

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Agter die masker skuil die maat waarna jy so verlang
En hy wil graag by jou wees maar sy masker sê hy's bang
As jy maar net sy oë kon sien dan sou jy dalk verstaan
Die man agter die masker
Sal jou nooit laat gaan

Die man agter die masker is 'n monster of mens
Die man agter die masker is seerder as 'n wens
Die man agter die masker het so baie om te sê
Die man agter die masker
Wil vanaand by jou kom lê

Die masker is 'n grenspos, my masker is 'n poort
My masker is 'n versreël opsoek na net een woord
My masker is 'n doringdraad, my masker is 'n kraal
My masker is 'n leuen wat sê
Die waarheid kom jou haal

Die man agter die masker het gewag vir hierdie dag
Die man agter die masker is so donker soos die nag
Die man agter die masker het so baie om te sê
Die man agter die masker
Is die man wat jy wil hê

Agter daai masker wag 'n skeepsmatroos wat klaar is met die see
En ek wil graag my masker afhaal maar my masker sê nog nee
Ek proe die sout van vryheid, ek ruik die son wat skyn
Maar steeds bly ek gevange
Agter my pyn-gordyn

Die man agter die masker soek orals rond en bont
Die man agter die masker dra 'n masker oor sy wond
Die man agter die masker is die man wat jou wil hê
Die man agter die masker
Het so baie om te sê

Die man agter die masker
Wil net by jou kom lê
Die man agter die masker
Het niks meer om te sê

Wissenswertes über das Lied Die Man Agter Die Masker von Koos Kombuis

Wann wurde das Lied “Die Man Agter Die Masker” von Koos Kombuis veröffentlicht?
Das Lied Die Man Agter Die Masker wurde im Jahr 2017, auf dem Album “Langpad Na Lekkersing” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Die Man Agter Die Masker” von Koos Kombuis komponiert?
Das Lied “Die Man Agter Die Masker” von Koos Kombuis wurde von ANDRE LE ROUX DU TOIT komponiert.

Beliebteste Lieder von Koos Kombuis

Andere Künstler von