Maanlig-Aand In Ou Parys

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Ek stap die pad alleen vanaand met die Vaalrivier op regter kant
En die volmaan in my linkerhand in die strate van Parys

Ou koerant waai teen die ogiesdraad, daar's 'n pothole in Oranjestraat
Maar ek sien orals mense lag en praat en ek weet ek's eintlik tuis

Dis 'n maanlig-aand in ou Parys
Huis pondok, vetkoek-paleis
Dit is die einde van my reis
En ek is tuis
In ou Parys

Ek vat die pad alleen vannag tot waar die laaste donker pawn shop wag
In Ruby's hoor ek 'n gelag, ek voel so lief vir hierdie plek
Op die deurstraat flikker wit en rooi, al die liggies van die dorp so mooi
Sal ons 'n tafel kry in hooi-pelooi, ons kan ons wonde sit en lek

Want dis 'n maanlig-aand in ou Parys
Huis pondok, vetkoek-paleis
Dit is die einde van my reis
En ek is tuis
In ou Parys

By 'n bruggie sit 'n bedelaar na die vuilgoed in die stroom en staar
Hy hou sy handpalms so bymekaar, wat kan 'n honger man dan maak?

As die beurtkrag kom is alles swart, als bedek onder ons blinde smart
Verdwaal in hierdie donker hart, blootgestel en naak

Maar dis 'n maanlig-aand in ou Parys
Huis pondok, vetkoek-paleis
Dit is die einde van my reis
En ek is tuis
In ou Parys

Wissenswertes über das Lied Maanlig-Aand In Ou Parys von Koos Kombuis

Wann wurde das Lied “Maanlig-Aand In Ou Parys” von Koos Kombuis veröffentlicht?
Das Lied Maanlig-Aand In Ou Parys wurde im Jahr 2017, auf dem Album “Langpad Na Lekkersing” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Maanlig-Aand In Ou Parys” von Koos Kombuis komponiert?
Das Lied “Maanlig-Aand In Ou Parys” von Koos Kombuis wurde von ANDRE LE ROUX DU TOIT komponiert.

Beliebteste Lieder von Koos Kombuis

Andere Künstler von