Hantamberge

Na die Hantamberge wil ek gaan

Waar die gryse Hantamberge in die skemer staan
Waar die aandblom sluimer teen die hang
Na die mooi ou Hantamberge sal ek weer moet gaan
Na die liefde waarna ek verlang

Daar's 'n gruispad oor die rand wat lei na daardie land
Waar die narrabos die veld en vlakte tooi (Vlakte tooi)
Ek sien weer die gryse berge en my hart verlang
Na die Hantamberge wil ek gaan

As die son se laaste strale in die weste kwyn
Word my hart gevul met hunkering
Dan verlang ek telkemale na ons samesyn
Wat die liefde eens vir ons kon bring

Daar's 'n sekelmaan vanaand, 'n polfyntjie in my hand
En ek dink aan my Hantam heimweë land (Heimweë land)

Beliebteste Lieder von Lance James

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)