Pappa En Die Ooeivaar

(Pappa, waar's ons Mamma heen?)
(Kom sy ooit na ons toe weer?)
Alteseker liefie ding
Mamma sal weer saans kom sing

Pappa sê dit keer op keer
Waarom is sy weg nou weer?
Sy het jou kleinboet gaan haal
By die baba hospitaal

Hoe kan ek hom tog vertel
Sonder om sy ma te kwel?
Ouma praat van ooeivaar
Almal weet tog dis nie waar

Tant San vertel die feëtjies los
Klein babas onder die bessiebos
Oupa sê weer boetie klein
Sal arriveer met die trein

(Ou maar Pappa is mos dom)
(Kleinboet gaan mos met die blink trein kom)
Nee my kleine skattebol
Moet tog nie so aanhou lol

Was ek eers ook 'n kleine aap
Van berge in die Kaap?
Het Mamma toe my stert gesny?
Het ek toe nie seergekry?

Hoe kan ek hom tog vertel
Sonder om sy ma te kwel?
Ouma praat van ooeivaar
Almal weet tog dis nie waar

Pappa waaraan dink jy nou?
Antwoord 'seblief tog gou
Nee wat, laat ons liewer eet
Pappa het nog nooit geweet

Hoe kan ek hom tog vertel
Sonder om sy ma te kwel?
Ouma praat van ooeivaar
Almal weet tog dis nie waar

Tant San vertel die feëtjies los
Klein babas onder die bessiebos
Oupa sê weer boetie klein
Sal arriveer met die trein

Beliebteste Lieder von Lance James

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)