Atlantis

O, my naam maak rêrig nie saak nie
My ouderdom net so min
Maar die plek en die mense wat ek lief het
Word uitgedop en omgekeer

O, wat het julle met my Kaap gedoen en wie gaan verantwoordelik staan
Met my hand vol vere oopgemaak en die dons wat daaruit waai
Met my hand vol vere oopgemaak en die dons wat daaruit waai

Laat die met ore dan hoor en die met oë dan sien
In die ghetto’s, die nuwe ghetto’s, daar dans onse kinders
In die ghetto’s, die nuwe, nuwe ghetto’s, daar dans onse kinders

O, my naam maak rêrig nie saak nie en my ouderdom net so min
Maar die plek en die mense wat ek lief het
Word uitgedop en omgekeer

O, wat het julle met my Kaap gedoen en wie gaan verantwoordelik staan
Met my hand vol vere oopgemaak en die dons wat daaruit waai
Met my hand vol vere oopgemaak en die dons wat daaruit waai

Laat die met oë dan lees en die met tonge dan praat
In die ghetto’s, die nuwe ghetto’s, daar bloei onse kinders
In die ghetto’s, die nuwe, nuwe ghetto’s, daar bloei onse kinders

Laat die met woorde dan skryf en die met note dan sing
In die ghetto’s die nuwe, nuwe ghetto’s, daar sterf onse kinders
In die ghetto’s, in die nuwe,nuwe, nuwe ghetto’s, daar sterf onse kinders

O, ek’s oud genoeg om nog jonk te wees en ek sleep my geboortemerk saam
Met my hand vol vere oopgemaak en die dons wat daaruit waai
Met my hand vol vere oopgemaak en die dons wat daaruit waai

Wissenswertes über das Lied Atlantis von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “Atlantis” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied Atlantis wurde im Jahr 1979, auf dem Album “Debuut” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music