Brêkfis in Bloemfontein
Die deur toegeklap, als gesê wat ek graag wou sê
Maar maak dit saak wat hy dink want ek glo nie hy wil my meer hê nie
En in die donker gordyn van die nag
Hoor ek sy woorde en ek mis ons soms saam lag
Maar ek draai op my sy, want ek glo dit is vir goed verby
Dis baie vroeg in die môre, ek is nog vas aan die slaap
Maar hy het net my koffer gevat en sommer self gepak
Vrye keuse’s nie ’n opsie nie
En wegloop is te laat vir my
Want hy pluk net die deur oop en sê, klim in want ek wil ry
En ons ry deur Pretoria en toe deur die Goudstad, Parys aan ons regterkant
Deur naamlose dorpe, daar was shacks en die highway, hoe ver is ons nog van die strand af
Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe om te sien of hy kyk of ek kyk
Terwyl die dag om ons dans strek ons bene en eet ons brêkfis in Bloemfontein
Ek wag dat die bom bars terwyl die Karoo aan ons raak
En die vaal van die wêreld maak my sommer gou-gou vaak
In Beaufort-Wes besluit hy ons gaan oornag
Ons trek weer weg terwyl ek sweer dit is nog nag
En met sy rustige stem breek hy stadig aan my mure af
Worcester is die pitstop waar hy sê, komaan vat jy nou die wiel
Ek is moeg, bestuur maar Kaap toe, maak my wakker as jy Tafelberg sien
Met my oë op die wynland maar my hart in my keel hou ek op met die games wat ek speel
Toe ek die plat berg sien sê ek sag, jy mis die beautiful view
En ons toer deur die Boland en draai na die Pêrel, hy vat wragtag die Montagu pas
In Graaff-Reinet sien ons berge en vlaktes verlate, hoe ver is ons nog van mekaar af
Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe om te sien of hy kyk dat ek kyk
Terwyl die dag om ons dans maak ons vrede
En dink aan brêkfis in Bloemfontein
En dink aan brêkfis in Bloemfontein
En dink aan brêkfis in Bloemfontein