Die Fietsryer (Jou Jas)

Eers was jy net ‘n stippelding, n deining sonder vorm
Naby het jy mens geword, verflenter op ‘n fiets

Jou jas, jou jas is vol gate geskiet deur die wit vlymskerp jare
Maar net jy weet waar om in jou jas te staan
Sonder om koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry
Sonder om koud te kry

Swetend in jou waggel wieg, sirkeltrap die opdraand uit
Die stom wind om jou ore het ‘n suising gemaak toe jy aan die afdraand raak

Jou jas, jou jas is vol gate geskiet deur die wit vlymskerp jare
Maar net jy weet waar om in jou jas te staan
Sonder om koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry
Sonder om koud te kry

Jou jas se pante wapper en waai soos die hande van ‘n jong kind
Al verder en verder weg wapper dit, ruggelings in die warm wind

Jou jas, jou jas is vol gate geskiet deur die wit vlymskerp jare
Maar net jy weet waar om in jou jas te staan
Sonder om koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry, koud te kry
Sonder om koud te kry

Wissenswertes über das Lied Die Fietsryer (Jou Jas) von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “Die Fietsryer (Jou Jas)” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied Die Fietsryer (Jou Jas) wurde im Jahr 1992, auf dem Album “Die Gang” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music