Die Lewe is 'n Grenshotel

Madame sit in Die Grenswag
’n Manskap teen haar bors
Sy koester, sy vermoeidheid, sy nadrup en sy dors

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

Madame bestel ‘n High Ball
Dit hou die vleesdrif hoog
En kyk na jong kanonvoer wat saamdrom by die oog

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

Madame, versot op jong bloed
Vergeet skoon van haar ou
Want jonk of oud sterf eenders, die slagveld is hul vrou

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

Madame grens oor die wete
Haar hulpdiens is beperk
Want of hul bruin of wit is, hul dra die Kaïnsmerk

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

En drank en nag bring kennis
En almal haal die grens
Die grens erken geen grense, alleen die hart se wens

Wissenswertes über das Lied Die Lewe is 'n Grenshotel von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “Die Lewe is 'n Grenshotel” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied Die Lewe is 'n Grenshotel wurde im Jahr 1979, auf dem Album “Debuut” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music