Die Strome Van Die Drakensberge [Duet]

Die strome van die Drakensberge vonkel in die mis
Hulle ken die klowe, hulle ken die kus
Kan ek weer my liefde, al my liefde vir jou gee
Kyk hoe vloei die strome, al die strome in die see

Ek sien hoe vloei die strome, al die strome na die see
Hulle ken die roete, hulle ken die weë
Ek wil jou weer veilig in my arms vou
Want ek is nog soos altyd baie lief vir jou

Die strome van die Drakensberge vonkel in die mis
Hulle ken die klowe, hulle ken die kus
Maar die oseaan word nooit vol nie, o nee
Tog vloei al die strome tot in die see

Die liefde ken die roete, die liefde ken die weë
Al is dit soms ’n kronkelpad, al is ons soms verleë
Laat ons weer ons liefde met ’n soen verseël
En laat ons al ons liefde met mekaar weer deel

Die kleure van die reënboog vonkel in die dou
Die hemel is vanoggend, ’n ander blou
Die liefde sal ons altyd weer verstom
Al is daar niks nuuts nie, onder die son

Die strome van die Drakensberge vonkel in die mis
Hulle ken die klowe, hulle ken die kus
Maar die oseaan word nooit vol nie, o nee
Tog vloei al die strome tot in die see

Tog vloei al die strome tot in die see
Tog vloei al die strome tot in die see

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music