Kon Jy Raai

Kon jy raai toe ons kinders was dat dit alles tog nog eendag sou verdwyn
Kon jy weet in jou klein gemoed dat die onskuld en die eenvoud ook sou kwyn

O, die dae van my jeug is net waaigras in die wind
Verstrooi oor die vlaktes van die tyd
Want al die pret en die plesier bly net afdrukke teen die muur
En die herinnerings dowwe paadjies
In die vergetelheid

Kon jy weet toe dit lente was dat die somer ook ’n droë wind sou bring
Kon jy raai in die herfs se val dat die winter na jou binneste sou kring

O, die dae sonder jou is net haltes van onthou
Versprei oor die roete van die tyd
Want al die saamwees en verduur het al verskilfer teen die muur
En die herinnerings doodlooppaadjies
In die vergetelheid

Wissenswertes über das Lied Kon Jy Raai von Laurika Rauch

Wann wurde das Lied “Kon Jy Raai” von Laurika Rauch veröffentlicht?
Das Lied Kon Jy Raai wurde im Jahr 1992, auf dem Album “Die Gang” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Laurika Rauch

Andere Künstler von Schlager music